Net 139 uit 500 SA-howe kan tydens beurtkrag funksioneer

Die Suid-Afrikaanse minister van justisie en korrektiewe dienste, Ronald Lamola, sê slegs 139 van die land se meer as 500 howe kan tydens beurtkrag voortgaan met werk. In die Vrystaat funksioneer slegs agt van sy 87 howe tydens beurtkrag, en in KwaZulu-Natal slegs 19 uit 102 howe. In reaksie op ‘n geskrewe parlementêre vraag van die EFF het die minister gesê sy departement is voornemens om 80 kragopwekkers by verskeie howe te installeer. Lamola voeg by hulle het ook ‘n proefprogram van stapel gestuur om omsetters en sonkrag te installeer.