VSA nooi vyf Afrikalande na Demokrasie-beraad

Die VSA het nog vyf Afrikalande na die tweede Demokrasie-beraad genooi. Dit sluit Tanzanië, die Ivoorkus, Gambië, Mauritanië en Mosambiek in. Dit volg nadat die Amerikaanse visepresident, Kamala Harris, met haar drie-nasies toer in Afrika begin het. Die Nasionale Veiligheidsraad se senior direkteur vir demokrasie en menseregte, Rob Berschinski, sê die beraad wil betrokke raak by sake oor demokratiese vernuwing, versterking van instellings wat die wil van die meerderheid, aanspreeklikheid en deursigtigheid weerspieël.