Zelensky eis noodvergadering by VN

Oekraïne het dringend ‘n noodvergadering van die Verenigde Nasies se Veiligheidsraad aangevra om die moontlike bedreiging van die Russiese President Vladimir Putin se aankondiging Saterdag te bespreek. Hy het gesê Moskou gaan taktiese kernwapens in Belarus opstel. Oekraïne sê die stap skend kern-sperooreenkomste, maar Putin ontken dit en vergelyk dit met Amerika wat kernwapens in Europa oprig. Die Oekraïnse President Volodymyr Zelensky beskuldig Rusland […]

Read More

Kaapstad is in staat om beurtkrag te beperk

Die Stad Kaapstad sê Eskom se voortgesette beurtkrag het ‘n vernietigende uitwerking op sakeondernemings, nywerhede en die oorhoofse ekonomie. Ondernemings word dikwels gedwing om hulle begrotings weg te wys van gebiede soos die aanstelling van meer personeel na maatreëls om die ligte aan te hou. Die burgemeesters-komiteelid vir Ekonomiese Groei, James Vos, sê Kaapstad is in staat […]

Read More

Beesbedryf krimp in Februarie

Beesvleisuitvoere het net meer as 504 000 kilogram in Februarie beloop, ‘n afname van die amper 676 000 kilogram wat in dieselfde tydperk verlede jaar uitgevoer is. Meeste van die vleis is na Holland uitgevoer met 61,7 persent van die totaal. Net meer as 26 persent is na Suid-Afrika uitgevoer met 7,6 persent na Brittanje en […]

Read More

Angie sê amper 2 500 skole het nuwe infrastruktuur

Die buurland se onderwysminister, Angie Motshekga sê die departement het 2 478 skole regoor die land van sanitasie-infrastruktuur voorsien. Dít volg nadat die departement 3 398 skole geïdentifiseer het wat aan die een of ander vorm van infrastruktuur ontbreek, omdat hulle óf nie ouderdomsgepas is nie óf bloot onvoldoende toegerus is. Gedurende dié tydperk het hulle die Covid-19-pandemie […]

Read More

Chaos op Israel se strate duur voort

Tienduisende Israeli’s het die strate ingevaar nadat eerste minister Benjamin Netanyahu sy minister van verdediging afgedank het. Yoav Gallant is die eerste kabinetsminister wat ‘n beroep gedoen het dat die beplande opknapping van die regstelsel eers op die lange baan geskuif word. Israel se konsul-generaal in New York, Asaf Zamir, het bedank en gesê hy raak al meer bekommerd oor die regering […]

Read More

Duitser wen Jonsson Workwear Ope

Die Duitser Nick Bachem het sy eerste droom-oorwinning in die DP World Tour behaal toe hy die Jonsson Workwear Ope in Johannesburg gewen het. Die 23-jarige speler het op 24 onder baansyfer klaargemaak. Die Suid-Afrikaners Zander Lombard en Hennie du Plessis deel die tweede plek op 20 onder baansyfer met hulle onderskeie rondes van 65 en 68. Bachem sê hy is vasbeslote om elke […]

Read More

Graanmark stabiliseer na Putin se ondernemings – Collard

Die Russiese President Vladimir Putin, het die Swartsee-onderneming vir die uitvoer van grootmaat graan en kunsmis na Afrika met twee maande verleng. Die verlenging volg nadat die onderneming die naweek na ‘n siklus van 120 dae geëindig het. Putin sê indien daar nie aan die eise voldoen word nie, sal Rusland gratis kunsmis en graan na Afrika stuur […]

Read More

Meyer sê Hendrina het voor sy bakkie ingespring – stukke ingedien

Die Mariental-boer Johan Meyer hou vol dat hy nie Hendrina Mupolo gesien het nie en dat sy voor sy motor agter ‘n skuinswal, ingespring het. Hy het sy verklaring in die hofsaak waar Mupolo se pa, Elias, hom dagvaar vir 10 miljoen Namibiese dollar in skadevergoeding na Hendrina se dood, ingedien. Meyer sê hy was […]

Read More

Wetgewing rakende openbare byeenkomste moet verander

Die wetgewing op openbare byeenkomste moet aangepas word. Dit kom na Namibia Fact Check ‘n hersiening oor die howe se beslissings en die Namibiese polisie se standpunt oor betogings gedoen het. In 2003 en weer 20 jaar later in 2023 het die hoërhof in die guns van die polisie bevind om protesoptogte te verbied – […]

Read More

N$4,8m op staatsgeleenthede bestee

Plaaslike berigte lui dat die regering 2,1 miljoen Namibiese dollar in die 2022-23 boekjaar op staatsbegrafnisse bestee het. Dit is aansienlik minder as die 4 miljoen dollar wat reeds teen Junie 2021 bestee is in die 2021-22 boekjaar, met die dodelike derde vlaag Covid-infeksies. Die adjunk-eerste minister Netumbo Nandi-Ndaitwah het die syfers bekend gemaak. In […]

Read More