Keer so vir toenemende misdaad

Namibië ervaar toenemende gevalle van misdaad, veral geweldsmisdade soos geslagsgeweld tesame met verkragting, moord en poging tot moord, aanranding, sowel as ekonomiese misdade. As gevolg van die ekonomiese druk word burgers die slagoffers van misdadigers. Tussen 2021 en 2022 is ‘n totaal van 98 640 kriminele sake landwyd aangemeld, wat ‘n toename van sewe persent toon in vergelyking met die vorige jaar. Die streke van Khomas, Oshana en Otjozondjupastreke het die hoogste misdaadsyfers, terwyl die minste sake in Kavango-Wes, Kunene en Omaheke aangemeld is. Adjudant-offisier Silas Shipandeni van die Namibiese polisie deel wenke met die publiek oor hoe om nie deel van die misdaadstatistiek te word nie.