Cosatu vra beskerming vir verklikkers

Die vakbondfederasie Cosatu vra die Suid-Afrikaanse Polisiediens om verklikkers te beskerm ná die veroordeelde verkragter en moordenaar, Thabo Bester, uit die tronk ontsnap het. Die organisasie het by kritici aangesluit wat die regering veroordeel oor Bester se ontsnapping uit G4S Security se Mangaung-gevangenis in Bloemfontein verlede jaar. Sy ontsnapping het onlangs opnuut aandag getrek nadat foto’s van hom op sosiale media versprei is. Matthew Parks van Cosatu sê die ontsnapping is ‘n rede tot ernstige kommer.