F1: Norris vat eerste in Miami

Lando Norris van McLaren het die eerste oorwinning van sy Formule Een-loopbaan by die Miami Grand Prix gebuit. Die Brit het met 25 rondtes om te gaan die voortou geneem, ná ʼn kuip-stop onder leiding van die veiligheidsmotor terwyl die ander reeds gestop het. Max Verstappen van Red Bull was tweede en Charles Leclerc van Ferrari derde. Die 24-jarige Norris wat in sy sesde Formule Een-seisoen die meeste podiumplekke sonder ʼn oorwinning behaal het, sê hy is gelukkig om uiteindelik eerste te wees: