Permierliga: Liverpool skop vir Arsenal na tweede

Liverpool loop weer voor in die Premierliga met twee punte ná sy oorwinning van 3-1 op Anfield oor Sheffield United wat gevaar loop om gerelegeer te word. Darwin Nunez het die Reds teen rustyd laat voorloop, waarna ‘n tuisdoel deur Conor Bradley vir die Blades dit gelykop gemaak het. ‘n Pragdoel deur Alexis Mac Allister het Liverpool weer laat voorloop, waarna Cody Gakpo in die 90ste minuut dit 3-1 vir Liverpool gemaak het. Liverpool se bestuurder, Jurgen Klopp, sê hulle het algeheel goed vertoon: