Kunene vloei heelwat sterker, Ruacana kragaanleg sing

Die Kunenerivier se vloei by Ruacana het van 242 kubieke meter per sekonde tot meer as 251 kubieke meter per sekonde toegeneem. Dit beteken meer goedkoop krag kan by die Ruacana hidro-elektriese aanleg opgewek word. Volgens die nuutste vloedverslag het die Zambezirivier se watervlak by Katima Mulilo vanoggend effens gestyg met 3cm tot 1,55m. Die […]

Read More

ActionSA loof uitspraak teen Rapport oor anonieme peiling

ActionSA verwelkom ‘n uitspraak van die Persraad se appèlkomitee oor Rapport se anonieme verkiesingspeiling. Dit het bevind die koerant, News24 en City Press was verkeerd om nie die organisasie wat die peiling aangebied het te identifiseer nie, wat die Perskode oortree. Die party sê dit is ‘n aansienlike oorwinning in sy strewe na oorsig oor […]

Read More

Engeland se plaaslike verkiesings kan nog druk op Sunak plaas

Kiesers is vandag na die stembus in Engeland vir ‘n rits belangrike plaaslike verkiesings wat waarskynlik die druk op die beleërde Konserwatiewe Eerste Minister, Rishi Sunak, sal verhoog. Die verkiesings, ‘n mengsel van raads-, burgemeesters- en ander plaaslike verkiesings sowel as ‘n parlementêre tussenverkiesing, is die laaste groot stembustoets voor ‘n algemene verkiesing wat waarskynlik […]

Read More

Afrika se eerste salmplaas by Lüderitz bekendgestel

Lüderitz is tans aan die voorpunt van ontwikkeling in die land en sal na verwagting in die komende jare ‘n ekonomiese opbloei beleef. Dit kan toegeskryf word aan die aflandige olie- en gas eksplorasie-aktiwiteite, groen-waterstof produksie sowel as inisiatiewe soos Benguela Blue Aqua Farming. Die see-plaas is Afrika se eerste Atlantiese salm-boerdery wees, 8km vanaf […]

Read More

Cosatu verraai werkers, sê DA

Die DA beskuldig Cosatu van verraad teen werkers deur hom met die ANC en die Kommunistiese Party te vereenselwig. Hy beweer Cosatu se alliansie met die partye het gelei tot beleid wat ekonomiese groei en werkskepping strem. Die party sê daarenteen is sy ekonomiese beleid ‘n alternatief om groei te stimuleer. DA-leier John Steenhuisen het […]

Read More

Minstens 29 mense sterf in Burundi se reënseisoen

Minstens 29 mense is in Burundi dood en tien-duisende ontwortel sedert die begin van die reënseisoen in September verlede jaar. Die Verenigde Nasies sê Burundi is een van die 20 lande wat die kwesbaarste is vir klimaatsverandering. Reën sak maande lank amper onophoudend uit, vererger deur die El Nino-weerpatroon. Oos-Afrika ondervind die afgelope paar weke […]

Read More

Baba Bokke speel 13-elk gelykop teen Nieu-Seeland

Rugby: Die Junior Springbokke het met 13-elk gelykop gespeel teen Nieu-Seeland in die openingsronde van die eerste onder-20-rugbykampioenskap op die Sunshine Coast-stadion in Queensland, Australië. Die junior All Blacks het rustyd 3-0 voorgeloop in baie nat speeltoestande met poele water op die hele veld. Suid-Afrika se vleuel, Joel Leotlela, het sy span se enigste drie […]

Read More

Geweld teen gay-gemeenskap neem steeds toe: aktivis

Gemeenskapslede van 7de Laan in Otjomuise in Windhoek is in skok nadat die verminkte liggaam van die 30-jarige Christof Fredricks vanoggend ontdek is. Fredricks was na bewering ‘n lid van die LGBTQ-gemeenskap. Die lyk, met sy privaatdele afgesny, is in ‘n rivierbedding naby die Chairman Mao Zedong High School ontdek. Kosmos 94.1 Nuus het met […]

Read More

Namibiese Brouerye borg rugby-unie met N$3 miljoen

Die Namibiese Brouerye het die Namibiese Rugby-unie met 3 miljoen Namibiese dollar geborg. Dit is daarop gerig om Namibiese rugbyspelers in plaaslike klub- en streektoernooie te ondersteun, om hulself voor te berei om vir die 2027 Rugby Wêreldbeker in Australië te kwalifiseer. Die Brouerye is gretig om die nasionale rugbyspan te ondersteun onder die handelsnaam […]

Read More

Handelsbalans versleg weer in Maart: NSA

Namibië se handelsbalans het in Maart op ‘n tekort van 4,5 miljard Namibiese dollar gestaan, vergeleke met die tekorte van 3,9 miljard dollar in Februarie en 2,2 miljard dollar in Maart verlede jaar. Dit is volgens die jongste Handelsstatistiek-bulletin deur die Namibië Statistieke-agentskap. Suid-Afrika was in Maart Namibië se grootste mark vir beide uitvoere en […]

Read More