Geweld teen gay-gemeenskap neem steeds toe: aktivis

Gemeenskapslede van 7de Laan in Otjomuise in Windhoek is in skok nadat die verminkte liggaam van die 30-jarige Christof Fredricks vanoggend ontdek is. Fredricks was na bewering ‘n lid van die LGBTQ-gemeenskap. Die lyk, met sy privaatdele afgesny, is in ‘n rivierbedding naby die Chairman Mao Zedong High School ontdek. Kosmos 94.1 Nuus het met die sosiale aktivis Linda Baumann gepraat, wat haar reaksie gee. Baumann sê dié sake neem toe sedert verlede jaar, nadat die Nasionale Vergadering die Swapo-wetgewer Jerry Ekandjo se sogenaamde anti-gay-wetsontwerpe goedgekeur het.