ActionSA loof uitspraak teen Rapport oor anonieme peiling

ActionSA verwelkom ‘n uitspraak van die Persraad se appèlkomitee oor Rapport se anonieme verkiesingspeiling. Dit het bevind die koerant, News24 en City Press was verkeerd om nie die organisasie wat die peiling aangebied het te identifiseer nie, wat die Perskode oortree. Die party sê dit is ‘n aansienlike oorwinning in sy strewe na oorsig oor die peilingsbedryf. Michael Beaumont van ActionSA respekteer die media-organisasies, en sê hulle aanvanklike doelwit was deursigtigheid en voldoening aan demokratiese beginsels.