Blinde Krieket-kampioenskap verwelkom 200 deelnemers

Krieket: Twee-honderd deelnemers uit alle dele van Suid-Afrika neem van 26 April tot 1 Mei in Noordwes deel aan die Blinde Krieket-kampioenskap. Die nasionale byeenkoms word gespeel op die Witrand-krieketveld, dié van Potchefstroom Boys High, en die JB Marks-ovaal. Nege provinsiale spanne speel T20-wedstryde, met die halfeind- en eindstryde op JB Marks. Die kampioenskap verseker […]

Read More

Damme begin bodem sien, Hardap op 12,3 persent

Daar is net 22 persent waterbronne in die drie sentrale damme wat onder meer Windhoek voorsien oor, volgens NamWater se weeklikse dambulletin. Von Bach is op 11,5 persent na water van Swakoppoort, wat op 36,8 persent staan, oorgedra is. Omatako is bykans leeg op 0,2 persent. In die Suide is Hardap op 12,3 persent met […]

Read More

Namibië erken vir vordering in MIV-stryd

Alhoewel MIV steeds beduidend voorkom onder vroue van reproduktiewe ouderdom, het Namibië groot vordering gemaak in sy stryd teen MIV. Die land sal volgende maand amptelike erkenning ontvang vir sy Wêreld Gesondheid Organisasie sertifisering vir die uitskakeling van moeder-na-kind oordrag van MIV en Hepatitis B. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Walters Kamaya, die skakelbeampte […]

Read More

BOSA daag Julius Malema uit

Build One South Africa het die EFF-leier, Julius Malema, uitgedaag om hul 140 000 handtekeninge van ondersteuning wat by die Verkiesingskommissie ingedien is, na te gaan, na aanleiding van Malema se skeptisisme. Hulle beskuldig Malema daarvan dat hy hul geldigheid sonder bewyse bevraagteken. Die party doen ‘n beroep op Malema om die befondsingsbronne vir die […]

Read More

Bokke se einde-van-jaar toer-datums bevestig

Rugby: Die Springbokke kom te staan teen hulle Wêreldbekerteenstanders Skotland en Engeland, voor hulle Wallis pak aan die einde van hulle einde-van-die-jaartoer in November. Die laaste toetse is vandag bevestig. Die toer skop op Sondag 10 November in Edinburgh af teen Skotland, wat sesde op die ranglys is. Ses dae later kom hulle te staan […]

Read More

Gemeenskappe ‘moet opstaan teen geweld teenoor kinders’

Geweld teen kinders is ‘n groot bekommernis in Afrika, waar ongeveer 84 persent van kinders tussen 10 en 14 jaar oud gewelddadig gedissiplineer word, volgens ‘n verslag deur Unicef. Byna ‘n derde van adolessente meisies het voorvalle van fisieke geweld aangemeld en ongeveer 10 persent rapporteer dat hulle seksuele geweld ervaar het. Sowat 48,7 persent […]

Read More

Wanderers, United takel mekaar in 69ste derby

Die Trustco United-sportterrein sal Saterdag ‘n miernes van bedrywighede wees wanneer tradisionele mededingers FNB Wanderers en Trustco United mekaar in die 69ste uitgawe van hulle jaarlikse rugbyderby pak. Die dag sal gevul wees met aksie en vermaak! Die derby begin Donderdag met netbal, gevolg deur gholf, krieket en knobel. Kosmos 94.1 Nuus het met die […]

Read More

Oesskattings vanjaar val ver: verslag

Die landbou-ministerie het sy verslag, Oesvooruitsigte, Voedselsekerheid en Droogtesituasie Maart 2024, vrygestel. Voorlopige oesskattings dui op ‘n drastiese vermindering in die voorspelde oes, met alle streke in die kommunale gebiede wat laer as verlede seisoen se oes verwag. Die gesamentlike nasionale graanproduksie van mielies, giers, sorghum en koring word op 72 150 metrieke ton geraam. […]

Read More

August 26 kry nog ‘n noodtender vir klaskamers

Onderwysminister Anna Nghipondoka het onthul dat die verdediging-ministerie se August 26 Construction gekontrakteer is om nog 510 klaskamers by bestaande skole regoor Namibië te bou. Die werk moet teen die tweede helfte vanjaar voltooi wees teen ‘n geraamde koste van 200 miljoen Namibiese dollar onder ‘n noodprojek, wat ‘n tendervrystelling van die finansministerie toegestaan is. […]

Read More

Ruk plaaslike owerhede so reg: kenner

Mense kla gedurig oor swak bestuurde en mislukte plaaslike owerhede, waar dienslewering nie werklik gebeur nie maar raadslede ten spyte hiervan goeie salarisse en bonusse kry, met verhogings elke jaar. Sommige mense vra dat mislukte plaaslike owerhede geprivatiseer en deur bevoegde burgers bestuur word. Hulle sê tariewe en belasting sal verminder, sowel as skuld, en […]

Read More