Afrika se eerste salmplaas by Lüderitz bekendgestel

Lüderitz is tans aan die voorpunt van ontwikkeling in die land en sal na verwagting in die komende jare ‘n ekonomiese opbloei beleef. Dit kan toegeskryf word aan die aflandige olie- en gas eksplorasie-aktiwiteite, groen-waterstof produksie sowel as inisiatiewe soos Benguela Blue Aqua Farming. Die see-plaas is Afrika se eerste Atlantiese salm-boerdery wees, 8km vanaf die hawedorp. Volgens die burgemeester van Lüderitz, Phil Bilhao, beliggaam die monumentale poging die gemeenskap se gees van innovering en veerkragtigheid. By die bekendstelling van die akwaplaas het Namibiese visepresident Netumbo Nandi-Ndaitwah gesê die wêreld se oë is op Lüderitz.