Minstens 29 mense sterf in Burundi se reënseisoen

Minstens 29 mense is in Burundi dood en tien-duisende ontwortel sedert die begin van die reënseisoen in September verlede jaar. Die Verenigde Nasies sê Burundi is een van die 20 lande wat die kwesbaarste is vir klimaatsverandering. Reën sak maande lank amper onophoudend uit, vererger deur die El Nino-weerpatroon. Oos-Afrika ondervind die afgelope paar weke stortreën wat dele van die gebied verwoes het, veral in Kenia en Tanzanië, en honderde lewens geëis het.