Dis Wêreld-byedag – en die koningin kraai koning

Vandag is Wêreld-byedag, wat jaarliks op 20 Mei gevier word. Bye en ander bestuiwers is noodsaaklik vir die gesondheid van ekosisteme en voedselsekuriteit. Hulle help om biodiversiteit te handhaaf en verseker die produksie van voedsame kos. Die dag se doel is om bewustheid te kweek oor die belangrikheid van bestuiwers, die bedreigings wat hulle in […]

Read More

Uiteindelik! Windhoek-Rehoboth pendel-spoordiens dalk ‘n werklikheid

Die werke en vervoer-ministerie wil begin werk aan ‘n pendel-spoordiens tussen Windhoek en Rehoboth, asook Windhoek en Katutura. Dit sal deel vorm van ‘n vervoer-infrastruktuur verbeteringsprojek. Hy het geadverteer vir konsultasiedienste om formeel uitdrukkings van belangstelling in te handig vir ‘n uitvoerbaarheidstudie. Die sluitingsdatum vir die belangstellings is 6 Junie. Die studie moet kyk na […]

Read More

Is ‘n referendum oor Ekandjo-wetsontwerpe dalk op pad?

Verlede maand het ’n komitee wat teen homoseksualiteit en selfdegeslaghuwelike is, president Nangolo Mbumba 21 dae gegee om die huwelikswysigingswetsontwerp en gade-wetsontwerpe te teken. Die komitee se voorsitter, Pendapala Nakathingo, het ook die afdanking van justisieminister Yvonne Dausab geëis, wat volgens hom die homoseksuele agenda in die land bevorder. Kosmos 94.1 Nuus het met Nakathingo […]

Read More

Mudge hou vol inentings is nadelig vir mense

‘n Stemgreep het die naweek die rondtes gedoen wat Namibiërs waarsku teen enige inentings omdat dit blykbaar kanker veroorsaak. Die kankervereniging het kort daarna ‘n verklaring uitgereik wat sê hulle distansieer hulself teen die aantygings en dat epidimologiese informasie baie sensitief is. Die navorsing wat daarmee gepardgaan volgens die vereniging is ‘n fynere kuns. Kosmos […]

Read More

Finansministerie doen strukturele transformasie: Shiimi

Die finansministerie is besig met ‘n strukturele transformasie, aangesien die huidige indiensnemingstruktuur nie by sy doel pas nie. Finansminister Iipumbu Shiimi het tydens die ministerie se kabinetsinligtingsessie gesê dit is om te verseker dat die ministerie se verskillende funksies genoeg mense het wat vir hul spesifieke pligte opgelei is. Hy sê die huidige struktuur is […]

Read More

Betaal ons terug, of ander kan nie studeer: Nsfaf

Die Namibië Studente Finansiële Bystandsfonds, Nsfaf, doen ‘n beroep op alle begunstigdes om hul lenings terug te betaal. Hulle beklemtoon die belangrikheid van terugbetaling, aangesien versuim om dit te doen toekomstige studente se toegang tot fondse kan belemmer. Debiteure wat versuim om hul lening terug te betaal volgens die ooreenkoms wat hulle met Nsfaf onderteken […]

Read More

Seun, 13, sterf na toesluiting in koelkamer oor hy glo steel

‘n Dertienjarige seun is dood nadat hy na bewering oornag in ‘n Shoprite-koelkamer toegesluit is vir die steel van sjokolade. Die voorval het woede ontlok, met die gemeenskap van Ratanda in Heidelberg, Gauteng, wat dreig om die winkel af te brand. News24 berig ‘n raadslid in Heidelberg, Mari Boshoff, erken die gemeenskap se woede, terwyl […]

Read More

Betalingsoplossings lei fintech-innovering in Afrika

Die finansiële tegnologiesektor, oftewel fintech, in Afrika blom. Ondanks wêreldwye uitdagings het waagkapitaal-beleggings verlede jaar met 6-persent in Suid-Afrika toegeneem tot meer as elf-miljard Suid-Afrikaanse rand. Fintech lok steeds aansienlike befondsing, veral ten opsigte van betalingsoplossings, en dit verteenwoordig 41-persent van alle beleggings. Volgens Antonia Bothner van Endeavor South Africa, hou die verskuiwing vanaf kontanttransaksies, […]

Read More

Usyk ‘wil nie nou aan boks dink’

Boks: Oleksandr Usyk het Tyson Fury geklop en die eerste onbestrede wêreldswaargewigkampioen in 25 jaar geword. ‘n Herontmoeting volg later vanjaar, maar waarskynlik nie om al vier gordels nie. Die Internasionale Boksfederasie wil Usyk sy gordel ontneem as hy nie volgende teen sy verpligte teenstander Filip Hrgovic veg nie. Usyk se heerskappy kan dalk net […]

Read More

Ooste se damme nou net 2,8% vol

Volgens NamWater se weeklikse dambulletin is daar net 17,5 persent waterbronne in die drie sentrale damme wat onder meer Windhoek voorsien oor. Von Bach is op 11,4 persent na water van Swakoppoort, wat op 34,1 persent staan, oorgedra is. Omatako is amper leeg op 0,1 persent. In die Suide is Hardap op 11,5 persent met […]

Read More