Kunene vloei heelwat sterker, Ruacana kragaanleg sing

Die Kunenerivier se vloei by Ruacana het van 242 kubieke meter per sekonde tot meer as 251 kubieke meter per sekonde toegeneem. Dit beteken meer goedkoop krag kan by die Ruacana hidro-elektriese aanleg opgewek word. Volgens die nuutste vloedverslag het die Zambezirivier se watervlak by Katima Mulilo vanoggend effens gestyg met 3cm tot 1,55m. Die Okavangorivier by Rundu het ‘n watervlak van 5,53m aangeteken. Die watervlakke by Blouputs en Sendelingsdrift aan die benede Oranjerivier het onderskeidelik 0,63m en 0,64m gemeet.