Persvryheid vandag herdenk

Vandag is Wêreld Persvryheidsdag om op die belangrikheid van joernalistiek en vryheid van spraak te fokus. Vanjaar se tema is ‘n Pers vir die Planeet: Joernalisme in die Aangesig van die Omgewingskrisis. Die Verenigde Nasies se Algemene Vergadering het hierdie dag in Desember 1993 afgekondig. Die VN sê vandag moet die basiese beginsels van persvryheid […]

Read More

Hiervoor kan groenwaterstof gebruik word: Mnyupe

Groenwaterstof bly vandag in die nuus met Cleanergy Solutions Namibia se bekendstelling van sy fasiliteit in Walvisbaai. Die bekendstelling is in samewerking met CMB.Tech en die 0&L groep. Die fasiliteit sal een van die produsente van groenwaterstof wees. James Mnyupe, die groenwaterstof kommisaris, het by die geleentheid gepraat en het die potensiële gebruike van groenwaterstof […]

Read More

Kunene vloei heelwat sterker, Ruacana kragaanleg sing

Die Kunenerivier se vloei by Ruacana het van 242 kubieke meter per sekonde tot meer as 251 kubieke meter per sekonde toegeneem. Dit beteken meer goedkoop krag kan by die Ruacana hidro-elektriese aanleg opgewek word. Volgens die nuutste vloedverslag het die Zambezirivier se watervlak by Katima Mulilo vanoggend effens gestyg met 3cm tot 1,55m. Die […]

Read More

ActionSA loof uitspraak teen Rapport oor anonieme peiling

ActionSA verwelkom ‘n uitspraak van die Persraad se appèlkomitee oor Rapport se anonieme verkiesingspeiling. Dit het bevind die koerant, News24 en City Press was verkeerd om nie die organisasie wat die peiling aangebied het te identifiseer nie, wat die Perskode oortree. Die party sê dit is ‘n aansienlike oorwinning in sy strewe na oorsig oor […]

Read More

Engeland se plaaslike verkiesings kan nog druk op Sunak plaas

Kiesers is vandag na die stembus in Engeland vir ‘n rits belangrike plaaslike verkiesings wat waarskynlik die druk op die beleërde Konserwatiewe Eerste Minister, Rishi Sunak, sal verhoog. Die verkiesings, ‘n mengsel van raads-, burgemeesters- en ander plaaslike verkiesings sowel as ‘n parlementêre tussenverkiesing, is die laaste groot stembustoets voor ‘n algemene verkiesing wat waarskynlik […]

Read More

Afrika se eerste salmplaas by Lüderitz bekendgestel

Lüderitz is tans aan die voorpunt van ontwikkeling in die land en sal na verwagting in die komende jare ‘n ekonomiese opbloei beleef. Dit kan toegeskryf word aan die aflandige olie- en gas eksplorasie-aktiwiteite, groen-waterstof produksie sowel as inisiatiewe soos Benguela Blue Aqua Farming. Die see-plaas is Afrika se eerste Atlantiese salm-boerdery wees, 8km vanaf […]

Read More

Cosatu verraai werkers, sê DA

Die DA beskuldig Cosatu van verraad teen werkers deur hom met die ANC en die Kommunistiese Party te vereenselwig. Hy beweer Cosatu se alliansie met die partye het gelei tot beleid wat ekonomiese groei en werkskepping strem. Die party sê daarenteen is sy ekonomiese beleid ‘n alternatief om groei te stimuleer. DA-leier John Steenhuisen het […]

Read More

Minstens 29 mense sterf in Burundi se reënseisoen

Minstens 29 mense is in Burundi dood en tien-duisende ontwortel sedert die begin van die reënseisoen in September verlede jaar. Die Verenigde Nasies sê Burundi is een van die 20 lande wat die kwesbaarste is vir klimaatsverandering. Reën sak maande lank amper onophoudend uit, vererger deur die El Nino-weerpatroon. Oos-Afrika ondervind die afgelope paar weke […]

Read More

Baba Bokke speel 13-elk gelykop teen Nieu-Seeland

Rugby: Die Junior Springbokke het met 13-elk gelykop gespeel teen Nieu-Seeland in die openingsronde van die eerste onder-20-rugbykampioenskap op die Sunshine Coast-stadion in Queensland, Australië. Die junior All Blacks het rustyd 3-0 voorgeloop in baie nat speeltoestande met poele water op die hele veld. Suid-Afrika se vleuel, Joel Leotlela, het sy span se enigste drie […]

Read More

Geweld teen gay-gemeenskap neem steeds toe: aktivis

Gemeenskapslede van 7de Laan in Otjomuise in Windhoek is in skok nadat die verminkte liggaam van die 30-jarige Christof Fredricks vanoggend ontdek is. Fredricks was na bewering ‘n lid van die LGBTQ-gemeenskap. Die lyk, met sy privaatdele afgesny, is in ‘n rivierbedding naby die Chairman Mao Zedong High School ontdek. Kosmos 94.1 Nuus het met […]

Read More