Cosatu verraai werkers, sê DA

Die DA beskuldig Cosatu van verraad teen werkers deur hom met die ANC en die Kommunistiese Party te vereenselwig. Hy beweer Cosatu se alliansie met die partye het gelei tot beleid wat ekonomiese groei en werkskepping strem. Die party sê daarenteen is sy ekonomiese beleid ‘n alternatief om groei te stimuleer. DA-leier John Steenhuisen het kiesers by Cosatu se hoofkantoor in Braamfontein, Johannesburg, aangemoedig om te stem vir verandering in die komende verkiesing.