Baba Bokke speel 13-elk gelykop teen Nieu-Seeland

Rugby: Die Junior Springbokke het met 13-elk gelykop gespeel teen Nieu-Seeland in die openingsronde van die eerste onder-20-rugbykampioenskap op die Sunshine Coast-stadion in Queensland, Australië. Die junior All Blacks het rustyd 3-0 voorgeloop in baie nat speeltoestande met poele water op die hele veld. Suid-Afrika se vleuel, Joel Leotlela, het sy span se enigste drie gedruk, terwyl die losskakel, Tylor Sefoor, oorgeskop en ook twee strafdoele behaal het. Die Junior Bokke speel Dinsdag op dieselfde stadion teen Australië.