Handelsbalans versleg weer in Maart: NSA

Namibië se handelsbalans het in Maart op ‘n tekort van 4,5 miljard Namibiese dollar gestaan, vergeleke met die tekorte van 3,9 miljard dollar in Februarie en 2,2 miljard dollar in Maart verlede jaar. Dit is volgens die jongste Handelsstatistiek-bulletin deur die Namibië Statistieke-agentskap. Suid-Afrika was in Maart Namibië se grootste mark vir beide uitvoere en invoere. Mirjam Shihepo, die skakelbeampte by die agentskap, gee ‘n paar insigte oor die verslag.