NSFAS se Khosa op tydelike verlof na Outa-aantygings

Die buurland se Nasionale Finansiële Hulpskema vir Studente se raadsvoorsitter, Ernest Khosa, is tydelik met verlof nadat die Organisasie teen Belastingmisbruik bewerings van korrupsie teen hom gemaak het. Outa beweer in ʼn verslag, diensverskaffers wat kontrakte van die skema ontvang het, het miljoene rande se gunsloon aan die minister van Hoër Onderwys, Blade Nzimande, Khosa […]

Read More

Inflasie daal effe in Desember

Die inflasie-syfers vir Desember is bekend. Volgens die Namibiese Statistieke-agentskap het die syfer 5,3 persent vir die maand gemeet, af van 5,7 persent in November en 6,9 persent wat in 2022 in Desember aangemeld is. Die noordelike dele van die land, bekend as sone 1, het die hoogste inflasie aangemeld teen 5,9 persent terwyl Khomas, […]

Read More

Man doodgeskiet tydens bure-rusie op Otji

Die Namibiese polisie sê ‘n bakleiery tussen bure op Otjiwarongo het gelei tot die skietdood van 29-jarige Petrus Shanyengange. Volgens die mag het drie mans met hulle bure baklei en die vrou van die 79-jarige moordverdagte het hom geskakel om die bure te kom bystaan. Hy het sy 9mm-pistool saam gebring. Volgens die mag het […]

Read More

Daar’s geen oorlog teen Palestyne nie, maar teen Hamas – Bibi

srael se eerste minister Benjamin Netanyahu sê sy land baklei teen Hamas-terroriste, nie die Palestynse bevolking nie. Hy voeg by hulle doen dit in totale ooreenstemming met die internasionale reg. Die Internasionale Geregshof hoor vandag Suid-Afrika se saak aan waarin beweer word Israel pleeg volksmoord in sy oorlog in Gaza. Netanyahu sê Israel het geen […]

Read More

Liverpool klop Fulham in halfeindstryd van Carabao-beker

Liverpool het teruggeveg en Fulham in hul halfeindstryd om die Carabao-beker op Anfield twee-een geklop nadat hulle een-nul agter was. Willian het Fulham laat voorloop, maar die Reds het in die tweede helfte verbeter en Curtis Jones en Cody Gakpo het binne drie minute doele aangegeken. Die bestuurder van Liverpool, Jürgen Klopp, sê hy is […]

Read More

Agterstand van amper 38 000 forensiese toetse

Die DA het onthul daar is ʼn toksikologie-agterstand by forensiese chemielaboratoriums in Kaapstad, Johannesburg en Pretoria met 37 962 toetse uitstaande. Die minister van Gesondheid, Joe Phaahla, het geantwoord op ʼn vraag van die DA in die Parlement en gesê kwessies soos ontoereikende infrastruktuur, stukkende toerusting, beurtkrag, probleme met watervoorsiening, die Covid-19-pandemie en tekorte met […]

Read More

Angolese steel blykbaar Ohangwena se bees

Veediefstal bly steeds ‘n groot probleem in Namibië. Tussen Mei 2021 en April 2023 is 23 791 stuks vee in sewe streke gesteel, terwyl daar 201 vee in die Ohangwena-streek gesteel is. In Junie verlede jaar het die inspekteur-generaal van die Namibiese Polisie, luitenant-generaal Joseph Shikongo, met die Namibiese Landbou-unie en Namibië Emerging Farmers Union […]

Read More

Cyril sê media moet Suid-Afrika mooi uitbeeld

President Cyril Ramaphosa doen ‘n beroep op joernaliste in die buurland om daartoe verbind te bly om gebalanseerde en onbevooroordeelde voorstellings van die land te lewer. Hy het gepraat op die bekende fotograaf, Peter Magubane, se begrafnisdiens in Johannesburg. Ramaphosa het beklemtoon die Suid-Afrika wat deur Magubane se lens vasgevang is, baie anders is as […]

Read More

Zim-dollar tuimel, daal met 40%

Zimbabwe se dollar het die nuwe jaar op die agtervoet begin en met meer as 40 persent op die parallelle mark gedaal, omdat hoë vraag na buitelandse valuta steeds die aanbod oortref. Volgens die land se sentrale bank het ‘n reeks faktore, insluitend die einde van tabakverkope en ‘n versagting van wêreldwye kommoditeitspryse, die invloei […]

Read More

Wêreld is reeds 1,5 grade warmer

Die Copernicus-klimaatsveranderingsdiens berig 2023 was die warmste jaar op rekord, met die aarde se oppervlaktemperatuur wat ‘n kommerwekkende 1,48 grade Celsius bo voor-nywerheidsvlakke bereik het. Die aardverwarming het hittegolwe, droogtes en veldbrande verskerp, wat byna die helfte van die jaar verby die kritieke 1,5 grade Celsius-perk gedruk het. Wetenskaplikes waarsku oor selfversterkende klimaats-uitwerkings indien hierdie […]

Read More