Angolese steel blykbaar Ohangwena se bees

Veediefstal bly steeds ‘n groot probleem in Namibië. Tussen Mei 2021 en April 2023 is 23 791 stuks vee in sewe streke gesteel, terwyl daar 201 vee in die Ohangwena-streek gesteel is. In Junie verlede jaar het die inspekteur-generaal van die Namibiese Polisie, luitenant-generaal Joseph Shikongo, met die Namibiese Landbou-unie en Namibië Emerging Farmers Union hieroor vergader, maar die situasie blyk egter nie te verbeter nie. Kosmos 94.1 Nuus het met die goewerneur van die Ohangwena-streek, Sebastian Ndeitunga, gepraat wat sê hy kry toenemend klagtes oor vee wat deur Angolese burgers na die noorde weggelei word.