Dis weer amper tyd vir die repokoers… wat gaan gebeur?

Die Suid-Afrikaanse Reserwebank sal sy rentekoersbesluit op 30 Mei bekend maak, nadat sy hoofrentekoers op 27 Maart onveranderd op 8,25 persent gebly het. Dit was in ‘n poging om inflasie in toom te hou. Die Amerikaanse Federale Reserweraad het op 1 Mei gesê hy hou sy maatstafkoers bestendig ná ‘n styging in inflasie. Die Bank van Namibië sal die repokoers op 19 Junie aankondig. Die huidige repokoers is 7,75 persent. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met die Suid-Afrikaanse ekonoom Theo Klein, van Oxford Economics Africa, wat sy voorspelling vir Namibië en Suid-Afrika se repokoerse deel.