NamWater werp alles in die stryd vir nuwe waterbronne

NamWater het verskeie tenders rakende boorgate uitgesit, onder meer vir agt produksie boorgate en vier moniterings gate by Berg Aukas. Dertien boorgate is ook vir die Opuwo-gebied aangevra en ses boorgate moet gerehabiliteer en vervang word. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Abraham Nehemia, NamWater se uitvoerende hoof, wat sê hierdie boorgate is nie die enigste projek waarmee hulle besig is nie. Hy gee meer inligting.