Pupkewitz het eerste Esau-vergadering met Yslanders gereël

Daar word berig dat die ontslape sake-strydros Harold Pupkewitz deur die Yslandse vismaatskappy Samherji gebruik is om ‘n afspraak met oud-visseryminister Bernhardt Esau te bekom. Volgens The Namibian het Fishrot-fluitjieblaser Johannes Stefansson dit aan die hof gesê. Pupkewitz het volgens die stukke, op 14 November 2012 ‘n skrywe aan Esau gerig en gesê dat hy deur ‘n New Yorkse prokureur gevra is dat Esau met uitvoerende hoofde van Katla Seafood moet ontmoet. Hy het blykbaar melding gemaak van die feit dat die maatskappy ‘n visfabriek op Walvisbaai sou open indien hy ‘n goeie maasbanker-kwota ontvang.