Zim-dollar tuimel, daal met 40%

Zimbabwe se dollar het die nuwe jaar op die agtervoet begin en met meer as 40 persent op die parallelle mark gedaal, omdat hoë vraag na buitelandse valuta steeds die aanbod oortref. Volgens die land se sentrale bank het ‘n reeks faktore, insluitend die einde van tabakverkope en ‘n versagting van wêreldwye kommoditeitspryse, die invloei van Amerikaanse dollar na land beïnvloed, wat veroorsaak het dat sy wisselkoers so sleg vertoon. Zimbabwe kry 85 persent van sy buitelandse valuta uit mynbou.