Etiese leierskap is nodig in aanloop tot die verkiesing

Rise Mzansi het ‘n beroep gedoen vir etiese en sorgsame leierskap tydens die komende verkiesing. Die party moedig alle kwalifiserende burgers, veral die jeug, aan om te registreer en hul besonderhede op datum te kry tydens die Onafhanklike Verkiesingskommissie se finale registrasienaweek. Die party se vrywilligers sal aktief betrokke wees by bedrywighede regoor die land […]

Read More

Bibi eis ontbinding van UNRWA

Amnestie Internasionaal sê dis skokkend en onmenslik dat verskeie skenkerlande befondsing aan die Verenigde Nasies se hulp- en werke-agentskap in Gaza gestaak het. Minstens 11 lande het hulle bydraes tydelik opgeskort ná bewerings dat 12 van die agentskap se personeellede betrokke was by Hamas se dodelike aanval op Israel verlede jaar. Amnestie Internasionaal sê in […]

Read More

Andretti deelname tot F1 geweier

Formule Een het die Andretti-span se aansoek verwerp om in 2025 of 2026 by die sport aan te sluit. Die aansoek wat deur die voormalige McLaren-renjaer Michael Andretti en sy pa Mario, die 1978-wêreldkampioen, gebring is, is deur die beheerliggaam FIA goedgekeur. Die sport se handelsreg-houer, F1, sê egter hulle assessering het vasgestel die deelname […]

Read More

LPM se Gobabis-grondbesettings word ‘n protesaksie

Die LPM se pogings om grond vir voormalige plaaswerkers en die klein-boere wat rondom Gobabis bedrywig te bekom, duur voort. Daar was aggressiewe kommunikasie tussen die party en die landbouministerie met dreigemente dat grond, veral die plaas Witsand, beset sou word. Nou blyk dit asof ‘n meer tradisionele benadering gevolg word met ‘n protes wat […]

Read More

Kaapse hawe presteer beter na talle uitdagings

Transnet Haweterminale het bevestig die Kaapstadse Houerterminaal het die afgelope week ʼn gedenkwaardige mylpaal bereik met ʼn hoё produktiwiteitskoers van 17 verskuiwings per uur gedurende ʼn enkele skof. Die waarnemende uitvoerende hoof in die Wes-Kaap, Oscar Borchards, sê hulle is voornemens om die prestasie oor ‘n lang tydperk te verseker. Volgens Borchards streef hulle na […]

Read More

16 000 vee sit vas op vragskip wat nie by Israel kan uitkom nie

‘n Australiese uitvoerder staan voor ‘n uitdagende dilemma met ‘n skip in Israelse besit, die MV Bahijah, wat meer as 16 000 skape en beeste vervoer, aan die kus van Wes-Australië gestrand is. Die skip se herleiding, wat veroorsaak is deur toenemende Rooi See-spanning weens Houthi-aanvalle, het die diere al meer as drie weke in […]

Read More

Groot beleggings in PGA-toernooi

Die PGA-toernooi het ʼn ooreenkoms van sowat 56 miljard Namibiese dollar gesluit met Strategic Sports Group, gelei deur die premierligaspan Liverpool se eienaars, Fenway Sports Group. Spelers wat lojaal gebly het aan die toernooi en nie toegegee het aan die Saoedi-ondersteunde LIV Gholf nie, gaan onmiddellike en toekomstige aandele van 28 miljard dollar ontvang. Die […]

Read More

Zuma praat nonsens, kommissie is onpartydig

Die Onafhanklike Verkiesingskommissie sê hy verwerp oudpresident Jacob Zuma se bewerings dat hy partydig is vir die ANC. Zuma het die kommissie vroeër beskuldig dat hy die ANC begunstig en dat sommige OVK-amptenare omgekoop kan word om die kommissie se stelsel te omseil. Janet Love van die kommissie het politieke partye aangemoedig om saam met […]

Read More

NSFAF-studente moet heraktiveer

Die heraktiveringsproses is tans aan die gang by die Namibiese Studente Finansiële Bystandsfonds, waar studente verplig word om sekere dokumente weer in te dien indien hulle ‘n vak gedruip het en befondsing van NSFAF wil ontvang eers nadat hulle die vak geslaag het. Kosmos 94.1 Nuus het met Percy Tjahere, die woordvoerder by NSFAF, gesels […]

Read More

SAOG vergader weer oor cholera

Die Raad van Ministers van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap het in Lilongwe, Malawi, vergader om aandag te skenk aan die dringende behoefte aan maatreëls om cholera-uitbrekings in lidlande te voorkom en te beheer. Die uitvoerende sekretaris van die SAOG, Elias Magosi, sê die besprekings het die noodsaaklikheid van ‘n omvattende reaksie op globale, nasionale en streeksvlakke […]

Read More