NSFAS se Khosa op tydelike verlof na Outa-aantygings

Die buurland se Nasionale Finansiële Hulpskema vir Studente se raadsvoorsitter, Ernest Khosa, is tydelik met verlof nadat die Organisasie teen Belastingmisbruik bewerings van korrupsie teen hom gemaak het. Outa beweer in ʼn verslag, diensverskaffers wat kontrakte van die skema ontvang het, het miljoene rande se gunsloon aan die minister van Hoër Onderwys, Blade Nzimande, Khosa en die SAKP betaal. Die skema se woordvoerder, Ishmael Mnisi, sê Khosa het aan die raad herhaal dat hy nooit enige finansiële vergoeding vir sy persoonlike gebruik ontvang het nie: