Entstof-kwessies bring nuwe krisis

Die sake-organisasie Business Leadership SA sê die verwikkelings rondom Johnson & Johnson se Covid-19 entstof het ‘n verdere onvoorsiene probleem by die reaksie op die pandemie gevoeg – plaaslik én internasionaal. Die Amerikaanse Voedsel en Medisyne-administrasie het as voorsorgmaatreël die tydelike staking van die gebruik van die entstof aanbeveel nadat ses ontvangers in die land […]

Read More

Betoging teen McLaren-sirkus

‘n Diereregte-organisasie, Ban Animal Trading South Africa, wil ‘n sirkus verhoed om wilde diere in sy vertonings te gebruik. Die groep het ‘n beroep gedoen op natuurlewe-aktiviste om aan ‘n vreedsame betoging deel te neem voor en tydens die vertonings van die McLaren-sirkus môre tot Sondag in Alberton, Gauteng. Smaragda Louw van die organisasie sê […]

Read More

Shiimi verdedig begroting vir Presidensie

Die Namibiese Minister van Finansies Ipumbu Shiimi sê die verhoging in die begrotingstoekenning vir die Presidensie is genoodsaak deur die nuut-gestigte Namibië Beleggingsbevorderings en Ontwikkelingsraad wat in die Kantoor van die President bedrywig sal wees. Die Presidensie het net minder as 610 miljoen doller ontvang teenoor 490,5 miljoen verlede jaar. Robert McGregor van Cirrus in […]

Read More

Kunsmispryse bereik rekord-hoogtes

Graan Suid-Afrika sê kunsmispryse wêreldwyd is tans op hul hoogste vlak in meer as 24 maande. ‘n Landbou-ekonoom van Graan SA, Ikageng Maluleke, sê lae voorraadvlakke weens die Covid-19 pandemie en ‘n styging in die prys van natuurlike brandstof het pryse laat styg. Sy sê hoër ru-oliepryse kan die prys nog verder opstoot, wat tot […]

Read More

Repokoers help nie krediet aan nie

Die repokoers is gister deur die Bank van Namibië onveranderd gelaat op 3,75 persent. Ten spyte van die rekord-lae rentekoers, met prima tans op 7,5 persent is krediet verlening aan die privaatsektor steeds baie laag. Oor die eerste twee maande van die jaar is krediet wat deur die privaatsektor opgeneem op ongeveer 2 persent, baie […]

Read More

Kenners in SA vergader oor J&J vandag

Die Voorsitter van die Regulerende Owerheid vir Suid-Afrikaanse Gesondheidsprodukte, bekend as SAHPRA, sê die voordeel van Covid-19 entstowwe vir die samelewing weeg steeds baie swaarder as enige potensiële risiko’s … dit terwyl plaaslike gesondheidskenners en regeringsamptenare vandag vergader om die uiters seldsame verslae van bloedklonte in Amerika te bespreek, na die toediening van die Johnson […]

Read More

Werkers in brandstofsektor kan steeds staak, is nie noodsaaklike diens nie

Die metaalwerkersvakbond in Suid-Afrika, Numsa, het die bevinding van die Kommissie van Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie se Komitee vir Noodsaaklike Dienste verwelkom, dat die vervaardiging, vervoer en verspreiding van brandstof nié as noodsaaklike dienste geag behoort te word nie. Die brandstofbedryf het verlede jaar gevra dat hy as noodsaaklike diens verklaar word. Numsa se Woordvoerder, […]

Read More

Gee die grond wat jy belowe het Job

Inwoners van die Tobias Hainyeko informele nedersetting plaas druk op die Herposisionering Beweging om aan hulle die grond toe te ken wat hulle belowe is. Druk neem toe op die leier van die beweging Job Amupanda wat verskeie beperkings het in terme van sy pos as Burgemeester van die hoofstad. Die beweging se Woordvoerderr Simon […]

Read More

Hindoe-fees besmet duisendes met Covid

Meer as ‘n 1 000 mense het by ‘n groot Hindoe-fees in Indië positief vir die korona-virus getoets. Groot skares, meestal sonder maskers, het twee dae lank op die Ganges-rivier toegesak. ‘n Tweede korona-virus-vlaag kom tans in die land voor. Indië het reeds byna 14-miljoen gevalle aangemeld, wat dit die land met die tweede hoogste […]

Read More

Grond, ekonomie, landbou ens., moet onder die loep kom

Die Staatsrede oorheers vanoggend die nuustoneel in die land. President Hage Geingob sal vanmiddag sy 2021 Staatsrede in die Nasionale Vergadering lewer. Kenners meen dat Geingob ‘n duidelike strategie oor hoe die pandemie verder beheer sal word bekendstel. Kwessies soos grond, behuising en selfs landbou moet ook onder die loep kom. Sandie Tjaronda van die […]

Read More