Kommunale boere kry swaar bo die rooilyn
Die Namibiese Nasionale Boere Unie wat meestens kommunale boere regoor die land verteenwoordig, ondersteun pogings om die sogenaamde rooilyn te verwyder. Die heining is opgerig om die kommersiële gebied te beskerm teen bek- en klouseer wat endemies in die noorde voorkom. Terwyl die heining uitvoere van beesvleis beskerm, is mark toegang vir boere noord van […]
Swartbooi maak ommekeer?
Die leier van die Grondlose Mense Beweging Bernadus Swarbooi het klaarblyklik vandag ‘n ommekeer gemaak in sy gedrag tydens die Staatsrede. Die chaos van laasjaar was nêrens te sien nie en inteendeel, Swartbooi het President Hage Geingob bedank.
Inenting is beter as Covid…
Die Voorsitter van die Regulerende Owerheid vir Suid-Afrikaanse Gesondheidsprodukte, bekend as SAHPRA, sê die voordeel van Covid-19 entstowwe vir die samelewing weeg steeds baie swaarder as enige potensiële risiko’s … dit terwyl plaaslike gesondheidskenners en regeringsamptenare vandag vergader om die uiters seldsame verslae van bloedklonte in Amerika te bespreek, na die toediening van die Johnson […]
Miljarde aan maatskaplike ondersteuning
Die maatskaplike ondersteuningsnetwerk van die Swapo-regering brei jaarliks uit en volgens President Hage Geingob, is dat 6 miljard Namibiese doller bestee in die vorige finansiële jaar op toelaes en voedingskemas. Die skoolvoedingsprogam voorsien ‘n maaltyd aan meer as helfte van Namibië se skoolgaande kinders en sal uitgebrei word… En, ‘n Geingob het melding gemaak van […]
Caster kwalifiseer nie vir Spele nie
Caster kwalifiseer nie vir Spele nie Caster Semenya het die vyfduisend-meter by die Suid-Afrikaanse Kampioenskap in Pretoria gewen, maar kon nie Olimpiese kwalifiserende tyd behaal nie. Die Olimpiese 800-meter-kampioen se tyd was 15-minute-52,28-sekondes terwyl die kwalifiserende tyd 15-minute-10-sekondes is. Dit is wel Semenya se persoonlike beste wat haar vorige rekord van 16-minute-14,43 verpletter. Sy kan nie […]
Zim-spesialis getuig in Chauvin-verhoor
‘n Forensiese patoloog vir die verdediging van die afgedankte polisiebeampte in Minneapolis, Derek Chauvin, voer aan George Floyd se dood is veroorsaak deur sy bestaande harttoestand en koolstofmonoksied wat hy van ‘n polisiemotor ingeasem het. Floyd is in Mei verlede jaar dood nadat Chauvin op sy nek gekniel het. Die voormalige hoof-mediese ondersoeker van Maryland, David Fowler, wat in Zimbabwe gebore is […]
Brandstofprys verligting vir SA?
Sukkelende verbruikers in Suid-Afrika kan dalk uitsien na goeie nuus oor brandstofpryse. Die Automobiel-Assosiasie bereken die dieselprys kan met 32-sent per liter daal en dié van paraffien met 27-sent. Die AA voorspel op die oomblik ‘n styging van ses-sent per liter in die petrolprys, maar voeg by die rand se prestasie kan dit in ‘n […]
Reddingstaakmag vir maatskappye
‘n Taakspan om wetgewing in verband met bankrotskap te evalueer en ondersoek word saamgestel om besighede by te staan in die toekoms. In sy Staatsrede maak President Hage Geingob melding van besigheidsredding om werkskepping te ondersteun.
Betoging buite Luthuli-huis
ANC-lede het voor Luthuli-huis in Johannesburg byeengekom ter ondersteuning van die Sekretaris-Generaal Ace Magashule en ander lede wat van korrupsie beskuldig word. Die groep betoog teen die resolusie dat lede wat betrokke is by korrupsie en ernstige misdade binne 30 dae opsy moet staan of hulle sal geskors word. Die party het onlangs ‘n beroep […]
Groot oorwinning vir swart vroue in SA
Die Konstitusionele Hof in Suid-Afrika het ‘n vroeëre beslissing van die Hooggeregshof in Durban gehandhaaf dat ‘n gedeelte van die Wet op Huweliksgoedere van 1984 ongrondwetlik en ongeldig is. Vroeëre wetgewing onder die apartheidsregering het beslis dat swart egpare in siviele of geregistreerde huwelike outomaties in gemeenskap van goedere is. ‘n Gedeelte van die wet […]