Kenners in SA vergader oor J&J vandag

Die Voorsitter van die Regulerende Owerheid vir Suid-Afrikaanse Gesondheidsprodukte, bekend as SAHPRA, sê die voordeel van Covid-19 entstowwe vir die samelewing weeg steeds baie swaarder as enige potensiële risiko’s … dit terwyl plaaslike gesondheidskenners en regeringsamptenare vandag vergader om die uiters seldsame verslae van bloedklonte in Amerika te bespreek, na die toediening van die Johnson en Johnson entstof. Fritz Platt, vir Kosmos 94.1 Nuus in die Wes-Kaap berig.