Kunsmispryse bereik rekord-hoogtes

Graan Suid-Afrika sê kunsmispryse wêreldwyd is tans op hul hoogste vlak in meer as 24 maande. ‘n Landbou-ekonoom van Graan SA, Ikageng Maluleke, sê lae voorraadvlakke weens die Covid-19 pandemie en ‘n styging in die prys van natuurlike brandstof het pryse laat styg. Sy sê hoër ru-oliepryse kan die prys nog verder opstoot, wat tot hoër insetkostes in die komende plantseisoen kan lei. Graan SA verwag vanjaar ‘n groot mielie-oes van 15,8 miljoen ton.