Werkers in brandstofsektor kan steeds staak, is nie noodsaaklike diens nie

Die metaalwerkersvakbond in Suid-Afrika, Numsa, het die bevinding van die Kommissie van Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie se Komitee vir Noodsaaklike Dienste verwelkom, dat die vervaardiging, vervoer en verspreiding van brandstof nié as noodsaaklike dienste geag behoort te word nie. Die brandstofbedryf het verlede jaar gevra dat hy as noodsaaklike diens verklaar word. Numsa se Woordvoerder, Phakamile Hlubi-Majola, sê indien die komitee die bedryf as noodsaaklike diens sou verklaar, sou dit werkers in die sektor ontneem het van hul reg om te staak: