Repokoers help nie krediet aan nie

Die repokoers is gister deur die Bank van Namibië onveranderd gelaat op 3,75 persent. Ten spyte van die rekord-lae rentekoers, met prima tans op 7,5 persent is krediet verlening aan die privaatsektor steeds baie laag. Oor die eerste twee maande van die jaar is krediet wat deur die privaatsektor opgeneem op ongeveer 2 persent, baie laer as die 6,7 persent teenoor dieselfde periode verlede jaar. Onsekerheid wat deur die heersende pandemie gedryf word, sowel as die rekord inkrimpings wat in die toerisme en vervoer sektor aangeteken is, is van die hoof oorsake vir die sukkelende ekonomie. Groei van 2,7 persent is deur die Goewerneur van die bank, Johannes !Gawaxab aangedui vir 2021.