Entstof-kwessies bring nuwe krisis

Die sake-organisasie Business Leadership SA sê die verwikkelings rondom Johnson & Johnson se Covid-19 entstof het ‘n verdere onvoorsiene probleem by die reaksie op die pandemie gevoeg – plaaslik én internasionaal. Die Amerikaanse Voedsel en Medisyne-administrasie het as voorsorgmaatreël die tydelike staking van die gebruik van die entstof aanbeveel nadat ses ontvangers in die land ‘n skaars bloedklont-toestand ontwikkel het. BLSA se Uitvoerende Hoof, Busi Mavuso, sê die land kan geensins ‘n lang vertraging met inentings bekostig nie, want dit kan ekonomiese herstel laat ontspoor.