Hindoe-fees besmet duisendes met Covid

Meer as ‘n 1 000 mense het by ‘n groot Hindoe-fees in Indië positief vir die korona-virus getoets. Groot skares, meestal sonder maskers, het twee dae lank op die Ganges-rivier toegesak. ‘n Tweede korona-virus-vlaag kom tans in die land voor. Indië het reeds byna 14-miljoen gevalle aangemeld, wat dit die land met die tweede hoogste syfer ter wêreld maak. Die land se sterftesyfer het gister die eerste keer sedert middel-Oktober die duisend-kerf verbygesteek. Indië het tot dusver meer as 173 000 Covid-sterftes aangeteken.