Gemeenskap 2 jaar sonder water, maar herstel was minder as N$700

Die Direkteur-Generaal van die Nasionale Beplanningskommissie Obeth Kandjoze het sy frustrasie uitgespreek met gemeenskappe en streeks leierskap strukture wat op die sentrale regering wag in plaas van om self herstelwerk te doen. ‘n nedersetting in die Kavango Oos-streek is reeds 2 jaar sonder water as gevolg van ‘n klein uitdaging met ‘n boorgat wat self […]

Read More

Saam is ons sterker op Europa-dag

Europa-dag word vanjaar gevier om die verhouding tussen die EU en Namibië te vier. Die tema van die dag is ‘Ons is sterker saam’. Die EU ambassadeur in Namibië Sinikka Antila sê die belangrikheid van samewerking is weer deur die pandemie na vore gebring. Twaku Kayofa, Persbeampte by die EU se Namibiese sending het met […]

Read More

Stemreg gee nie vryheid nie – AfriForum

AfriForum sê op Vryheidsdag Suid-Afrika is nie regtig vry nie. Die Woordvoerder, Ernst van Zyl, sê die blote feit om stemreg te hê, maak ‘n mens nie werklik vry nie. Hy wys op korrupsie in die regering sowel as die hoë misdaadsyfer en werkloosheid. Van Zyl meen die enigste manier om vry te wees, is […]

Read More

NBC: maandelikse uitgawes N$32m, inkomste, N$5m

Die NBC is tegnies bankrot. Dit is volgens die uitsaaier se Direkteur-Generaal Stanley Similo wat voor ‘n Staande Komitee van die parlement verskyn het. Similo sê die NBC het 400 miljoen Namibiese doller nodig om aan sy strategiese planne te voldoen. Die Minister van Finansies Ipumbi Shiimi het die toelaag aan die NBC vanjaar met […]

Read More

4 Kunene leeus word verskuif

Die Namibiese Ministerie van Omgewingsake sê 4 van die leeus in die Torra bewaringsgebied in weste van die Kunene sal verskuif word na N/a’ankusê net oos van die hoofstad. Die leeus in die weste van die streek is ondergewig en van hulle vrek van die honger. Die uitgerekte droogte gepaard met jagbedrywighede het wildgetalle skerp […]

Read More

Vryheidsdag: stand van sake is teleurstellend

Michael Morris van die Instituut vir Rasse-aangeleenthede in die buurland sê op Vryheidsdag Suid-Afrika het na ‘n goeie afskop in 1994 nie voldoen aan die verwagtinge van die vroeë jare nie. Hy skryf dit toe aan ‘n swak, ondoeltreffende regering wat geneig is tot korrupsie en meen dit is die gevolg van swak beleidsrigtings gegrond […]

Read More

Hof vir klein eise op pad

Namibië behoort binnekort ‘n hof vir klein eise te hê. Volgens Gladys Pickering, Uitvoerende Direkteur in die Ministerie van Justisie is werk aan die wetsontwerp gevorder en behoort dit voor die einde van die jaar in die parlement ter tafel gelê word. Pickering het die jongste met Kosmos 94.1 Nuus gedeel.

Read More

Britse sanksies teen Gupta-broers

Die Verenigde Koninkryk het sanksies ingestel teen die omstrede Gupta-broers en ‘n sake-vennoot. Die Britse Minister van Buitelandse Sake, Dominic Raab, het aangekondig dat Ajay, Atul en Rajesh Gupta sowel as Salim Essa nie langer in die land toegelaat sal word nie weens hulle beweerde rol in ernstige korrupsie in Suid-Afrika. Suid-Afrikaanse media berig dat […]

Read More

Stel plaaslik aan – Shinguadja

Die Uitvoerende Direkteur in die Namibiese Ministerie van Arbeid Bro-Mathew Shinguadja het ‘n beroep op werkgewers gedoen om plaaslik aan te stel. Hy het in Opuwo gepraat met die ministerie se konsultasies wat op die oomblik in die land aan die gang is. In sy mening, kry plaaslike ekonomieë ook hierdeur ‘n hupstoot. Hy het […]

Read More

Seks-oortredings in tronke nie plaaslik ‘n probleem nie

‘n Senior Durbanse tronkamptenaar is geskors na aantygings van ‘n romantiese verhouding met ‘n gevangene. Die amptenaar is na bewering met ‘n vroulike gevangene op kamera vasgevang. Sy dien blykbaar ‘n 20 jaar vonnis uit by die Westville-korrektiewe fasiliteit. Dit volg slegs ‘n week nadat twee vroulike bewaarders afgedank is as gevolg van dieselfde oortreding. […]

Read More