NBC: maandelikse uitgawes N$32m, inkomste, N$5m

Die NBC is tegnies bankrot. Dit is volgens die uitsaaier se Direkteur-Generaal Stanley Similo wat voor ‘n Staande Komitee van die parlement verskyn het. Similo sê die NBC het 400 miljoen Namibiese doller nodig om aan sy strategiese planne te voldoen. Die Minister van Finansies Ipumbi Shiimi het die toelaag aan die NBC vanjaar met 62 persent verminder na 127,7 miljoen doller. Similo sê die korporasie kan nie eens bekostig om voordele soos medies, pensioen, behuising te betaal nie en ook nie belasting nie. Daarvoor het hy 11 miljoen doller maandeliks nodig. Hy skuld die ontvanger reeds 253 miljoen doller. Volgens Similo verdien die NBC 5 miljoen doller maandeliks maar uitgawes beloop 32 miljoen doller. Intussen staak die amper 500 werknemers sedert Donderdag. ‘n Perskonferensie sal vandag deur die bestuur gehou word.