4 Kunene leeus word verskuif

Die Namibiese Ministerie van Omgewingsake sê 4 van die leeus in die Torra bewaringsgebied in weste van die Kunene sal verskuif word na N/a’ankusê net oos van die hoofstad. Die leeus in die weste van die streek is ondergewig en van hulle vrek van die honger. Die uitgerekte droogte gepaard met jagbedrywighede het wildgetalle skerp laat daal en gevolglik neem konflik met boere toe. Die ministerie het reeds twee leeus van kant gemaak as gevolg van die haglike toestand waarin hulle was. Die diere raak ook meer aggressief teenoor mense en twee insidente is reeds aangemeld. Die 4 leeus sal na hulle volle herstel verskuif word na ‘n gepaste habitat.