Seks-oortredings in tronke nie plaaslik ‘n probleem nie

‘n Senior Durbanse tronkamptenaar is geskors na aantygings van ‘n romantiese verhouding met ‘n gevangene. Die amptenaar is na bewering met ‘n vroulike gevangene op kamera vasgevang. Sy dien blykbaar ‘n 20 jaar vonnis uit by die Westville-korrektiewe fasiliteit. Dit volg slegs ‘n week nadat twee vroulike bewaarders afgedank is as gevolg van dieselfde oortreding. Maar dit blyk om nie ‘n probleem in Namibië te wees nie. Kommissaris Sam Shalulange van Korrektiewe Dienste sê sulke gevalle kom nie in die land voor nie.