VSA pas riglyne vir ingeënte persone aan

Die Amerikaanse President, Joe Biden, gaan na verwagting vandag nuwe riglyne van die Sentrums vir Siektebeheer en -voorkoming bekend maak oor die vraag of mense wat ingeënt is steeds maskers moet dra. Die president se Covid-19 raadgewer, Anthony Fauci, het in ‘n onderhoud met media aangedui dat daar ‘n sterk moontlikheid bestaan dat daar nuwe […]

Read More

Te veel beweging van diere, polisie het kommer oor misdaad

Die Namibiese polisie in die Kavango Wes-streek is bekommerd oor die toename in beweging van diere in die streek. Die streek se bevelvoerder Kommissaris Josephat Abel sê die verkeer is veroorsaak deur die opheffing van die verbod na die gebied vry van bek- en klouseer verklaar is. Abel het eienaars van die diere daaraan herinner […]

Read More

Ware vryheid ontwyk – Cyril

President Cyril Ramaphosa sê die belofte van verkiesingsdag op 27 April 1994 is steeds nie volvoer nie, want daar is steeds mense wat swaarkry. Hy sê ware vryheid is steeds ontwykend en die nalatenskap van apartheid bly steeds ‘n definiërende maatreël in Suid-Afrika. Dit was Ramaphosa se boodskap op die Vryheidsdagviering in Botshabelo in die […]

Read More

‘n Blik oor Covid in die wêreld

Lande regoor die wêreld het verskeie uitdagings met Covid-19, en op verskillende vlakke. Yanna Smith bring jou ‘n vlugtige blik oor die jongste.

Read More

Kaapse brande sal gereelde verskynsel word

Die Suid Afrikaanse Minister van Bosbou en Omgewingsake, Barbara Creecy het gewaarsku dat veldbrande in die Moederstad ‘n gereelde gebeurtenis in die toekoms kan word. Die minister het die naweek die Tafelberg Nasionale Park besoek om die skade na verlede week se weghol-brande op die hange van Tafelberg, te bepaal. Fritz Platt, Kosmos 94.1 se […]

Read More

Koshuisfooie moet opwaars aangepas word

Die Namibiese Minister van Onderwys Anna Nghipondoka sê koshuisfooie meot verhoog word. Sy sê 65 000 koshuis-leerders kos die ministerie 582 miljoen Namibiese doller per jaar en dat die net 8 persent van die totale skoolbevolking van 800 000 leerders uitmaak. Nghipondoka sê koshuisfooie is nie by die universele gratis onderrig ingesluit nie en ouers […]

Read More

EU erken nie Chinese entstof nie – hoe gemaak met reis?

Die Europese Unie erken nie die Chinese Sinopharm en Sinovac entstowwe nie en hulle is ook nie goedgekeur vir gebruik op die Europese vasteland nie. Dit is nie bekend of die EU sy standpunt sal verander sou die Wêreldgesondheidsorganisasie die entstowwe goedkeur nie. Dus, sal Namibiërs wat met die produk ingeënt is, op die oomblik […]

Read More

NBC moet subsidies ontvang, nie reddingsboeie nie

Die bestuur van die NBC het vanoggend ‘n perskonferensie gehou en meer inligting bekend gemaak oor die uitsaai korporasie se spesifieke uitdagings. Die Voorsitter van die raad Lazarus Jacobs sê die uitsaaier is gestig om die Namibiese volk in te lig. Hy verduidelik. Jacobs sê die NBC ontvang nie reddingsboeie nie, eerder subsidies en dat […]

Read More

Toerismeraad verloor 75% van sy inkomste

Die Minister van Toerisme Pohamba Shifeta sê die Namibiese Toerismeraad het verliese van 30 miljoen Namibiese doller in 2020 aangeteken. Die raad het inkomste van 40 miljoen doller in 2019 gehad en dit het gedaal na 10 miljoen verlede jaar. Shifeta het aan nuusagentskappe bevestig dat sy ministerie op die oomblik nuwe skenkers vir die […]

Read More

Leaving Neverland ‘slagoffer’ se hofaansoek van die hand gewys

‘n Regter in Los Angeles, Mark Young het ‘n dagvaardiging deur Wade Robson teen Michael Jackson se boedel van die hand gewys. Robson het aangevoer dat Jackson hom as seun seksueel mishandel het. Volgens die regter was dit nie die plig van die twee Jackson korporasies wat Robson in die stukke genoem het, om hom […]

Read More