Hof vir klein eise op pad

Namibië behoort binnekort ‘n hof vir klein eise te hê. Volgens Gladys Pickering, Uitvoerende Direkteur in die Ministerie van Justisie is werk aan die wetsontwerp gevorder en behoort dit voor die einde van die jaar in die parlement ter tafel gelê word. Pickering het die jongste met Kosmos 94.1 Nuus gedeel.