Vryheidsdag: stand van sake is teleurstellend

Michael Morris van die Instituut vir Rasse-aangeleenthede in die buurland sê op Vryheidsdag Suid-Afrika het na ‘n goeie afskop in 1994 nie voldoen aan die verwagtinge van die vroeë jare nie. Hy skryf dit toe aan ‘n swak, ondoeltreffende regering wat geneig is tot korrupsie en meen dit is die gevolg van swak beleidsrigtings gegrond op ras wat nie agtergeblewenes bemagtig of die ekonomie laat groei het nie. Morris meen egter daar is lig aan die einde van die tonnel: