Stel plaaslik aan – Shinguadja

Die Uitvoerende Direkteur in die Namibiese Ministerie van Arbeid Bro-Mathew Shinguadja het ‘n beroep op werkgewers gedoen om plaaslik aan te stel. Hy het in Opuwo gepraat met die ministerie se konsultasies wat op die oomblik in die land aan die gang is. In sy mening, kry plaaslike ekonomieë ook hierdeur ‘n hupstoot. Hy het werkgewers daaraan herinner dat alle poste geadverteer moet word en dat die ministerie se webtuiste ook ‘n lys van werkloses het.