Britse sanksies teen Gupta-broers

Die Verenigde Koninkryk het sanksies ingestel teen die omstrede Gupta-broers en ‘n sake-vennoot. Die Britse Minister van Buitelandse Sake, Dominic Raab, het aangekondig dat Ajay, Atul en Rajesh Gupta sowel as Salim Essa nie langer in die land toegelaat sal word nie weens hulle beweerde rol in ernstige korrupsie in Suid-Afrika. Suid-Afrikaanse media berig dat hulle ook nie meer hulle geld deur Britse banke sal kan kanaliseer nie. Die vier name verskyn op ‘n lys van 22 mense van oral in die wêreld as deel van ‘n nuwe globale teen-korrupsie regime.