Te veel beweging van diere, polisie het kommer oor misdaad

Die Namibiese polisie in die Kavango Wes-streek is bekommerd oor die toename in beweging van diere in die streek. Die streek se bevelvoerder Kommissaris Josephat Abel sê die verkeer is veroorsaak deur die opheffing van die verbod na die gebied vry van bek- en klouseer verklaar is. Abel het eienaars van die diere daaraan herinner dat alle beweging van diere steeds amptelike dokumente en permitte moet hê en dat dit in die voorgeskrewe tydperk moet plaasvind. Hy sê ‘n klag van diefstal kan gelê word sou enige diere sonder die korrekte dokumente en permitte gevind word. Die verbod op beweging ingevolge bek- en klouseer is op 20 April opgehef.