EU erken nie Chinese entstof nie – hoe gemaak met reis?

Die Europese Unie erken nie die Chinese Sinopharm en Sinovac entstowwe nie en hulle is ook nie goedgekeur vir gebruik op die Europese vasteland nie. Dit is nie bekend of die EU sy standpunt sal verander sou die Wêreldgesondheidsorganisasie die entstowwe goedkeur nie. Dus, sal Namibiërs wat met die produk ingeënt is, op die oomblik nie toegang tot die EU kan kry nie. Liena de Wee, die Hoof van Inentings by die WGO in Namibië sê daar is nie veel wat daaraan gedoen kan word nie.