Koshuisfooie moet opwaars aangepas word

Die Namibiese Minister van Onderwys Anna Nghipondoka sê koshuisfooie meot verhoog word. Sy sê 65 000 koshuis-leerders kos die ministerie 582 miljoen Namibiese doller per jaar en dat die net 8 persent van die totale skoolbevolking van 800 000 leerders uitmaak. Nghipondoka sê koshuisfooie is nie by die universele gratis onderrig ingesluit nie en ouers betaal ‘n baie klein bedrag vir die diens. Koshuise sal geklassifiseer word om fooie te bepaal. Terwyl sy verstaan dat dit ‘n uitdaging kan wees vir huishoudings, moet ouers ook bydra tot hulle kinders se opvoeding.