Leaving Neverland ‘slagoffer’ se hofaansoek van die hand gewys

‘n Regter in Los Angeles, Mark Young het ‘n dagvaardiging deur Wade Robson teen Michael Jackson se boedel van die hand gewys. Robson het aangevoer dat Jackson hom as seun seksueel mishandel het. Volgens die regter was dit nie die plig van die twee Jackson korporasies wat Robson in die stukke genoem het, om hom teen Jackson te beskerm nie. Hy het bygevoeg dat die korporasies nie in beheer van Jackson was nie maar, dat hy die twee maatskappye beheer het. James Safechuck se soortgelyke aansoek is reeds in Oktober van die hand gewys. Robson en Safechuck het bekendheid gewerf met hulle dokumentêr ‘Leaving Neverland’. Vince Finaldi, die twee se regsverteenwoordiger het aan media gesê hulle sal appelleer.