Toerismeraad verloor 75% van sy inkomste

Die Minister van Toerisme Pohamba Shifeta sê die Namibiese Toerismeraad het verliese van 30 miljoen Namibiese doller in 2020 aangeteken. Die raad het inkomste van 40 miljoen doller in 2019 gehad en dit het gedaal na 10 miljoen verlede jaar. Shifeta het aan nuusagentskappe bevestig dat sy ministerie op die oomblik nuwe skenkers vir die raad probeer werf. Die raad het 3,1 miljoen Namibiese doller in die huidige begroting ontvang en maak staat op heffings wat deur die bedryf betaal word.