VSA pas riglyne vir ingeënte persone aan

Die Amerikaanse President, Joe Biden, gaan na verwagting vandag nuwe riglyne van die Sentrums vir Siektebeheer en -voorkoming bekend maak oor die vraag of mense wat ingeënt is steeds maskers moet dra. Die president se Covid-19 raadgewer, Anthony Fauci, het in ‘n onderhoud met media aangedui dat daar ‘n sterk moontlikheid bestaan dat daar nuwe riglyne gaan wees oor wat mense wat die inenting ontvang het, sal mag doen. Huidige aanbevelings verg dat mense wat ingeënt is, moet voortgaan om ‘n masker te dra en steeds sosiale afstand sal moet handhaaf.